Wil jy n vrou wees meisie?
Wil jy n man hê en kinders baar?
Wil jy n huis bou met kamers
En herinneringe van n familie skaar?
Dan moet jy eelte op jou kniee hê
Van aande om bid
Vir n siek kind wie se koors nie wil breek
En n man wat vêr weg op besigheid sit...
Dan moet jou hande nooit leeg wees
En jou hartskamers altyd een oop hê
Want jy gaan nooit weet wanneer nog n siel
In jou hart se Hotel moet kom bly nie...
Jou oë moet soos die Amazone wees
Want huil gaan jy sommer baie dae doen
En hoe hard dit ook al is...jy gaan moet aanhou huil...
Want dit is wat jou oë sag en liefdevol gaan hou...
Die wêreld was nooit gemaak vir n vrou nie
- God het ons eers na alles klaar was gemaak
So baie dae gaan dit hard en wreed en aaklig wees,
Maar jou glimlag gee dit die sagtheid wat dit kort...
My kind - ek wens vir jou net mooi
Maar ek het te veel pyn ervaar om te weet dit is nie vir jou beskore nie
Maar jou Skepper is elke tree reg langs jou
Moet dit nooit vergeet nie
So as die storms van die lewe jou sou tref,
Egskeiding, Affairs, Siekte, Werkloosheid of selfs Dood...
Onthou jou skurwe kniee en gaan slyp hulle langs jou bed
Want Jou Hemelse Vader sluimer of slaap nooit nie...
My pragtige meisiekind - my lelie waarop ek trots is
Die ewigheid is nie vir my nie, maar ek wens ek kon
Elke sekonde langs jou stap om alles beter te maak
Want jy is te kosbaar vir hierdie wêreld en al sy pyn en lyding
So leer van my my kind, en moenie dieselfde foute bly maak nie
Erken jou Skepper al vroeg in jou lewe al
En stort jou hart daagliks voor Hom uit
Want die wêreld is nie vir n vrou gemaak nie...

No comments:
Post a Comment