In my diepste wense
Tussen my mooiste drome
Onder my skaarste oomblikke
Vind ek jou...soos die maan die skaduwee van n ster vind...
En in die hitte van die bosveld
Met die reuk van die reen in die somerlug
Met die lied van die sonbesies diep in my siel
Het ek my hart...vlenters...in jou oë verloor
En soos die Augustus winde deur die veld deur storm
En die donderweer my hartstog eenvoudiglik ego
Vind my worstelende gedagtes vrede in jou arms
En bring jou koesterende hande die wildheid in my tot rus...
En al wou ek nooit getem word of eens n oomblik kalmeer
Kon die ongetemdheid van my siel jou aanraking nie weerstaan
Want soos die maan elke aand die teenwoordigheid van die son mis
Kon ek nooit weet wat ek gesoek het...tot ek in jou arms is...